Twee dood toe ligte vliegtuig val

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone is vanoggend ongeveer 09:00 dood toe die ligte vliegtuig waarin hulle was naby FNB-stadion, Nasrec-area, in die suide van Johannesburg, Gauteng, geval het.

Kyle van Reenen, woordvoerder vir Emer-G-Med-ambulansdienste, het gesê hulle, sowel as verskeie ander nooddienste en owerhede, is op die toneel.

Die oorledenes is op die toneel dood verklaar.

Luidens Vaalweekblad het Sisa Majola, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) gesê die vliegtuig het by Grand Central-lughawe in Gauteng opgestyg. Daar was beplan dat die vliegtuig weer daar sou land. Twee persone wat aan boord was, het omgekom.

Dit was glo ‘n oefenvlug.

Die SAPD en die BLO ondersoek die vliegongeluk.

eNCA het berig slegs twee persone is oorlede en nie drie soos voorheen berig was nie.

Die toneel is nog aktief en FiND iT sal opvolg indien nuwe inligting beskikbaar is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.