At Botha (73), bekende Suid-Afrikaanse akteur en skilder-kunstenaar, het in ‘n Facebook-verklaring die betekenis van ‘n kunswerk van die ou landsvlag verduidelik. Die kunswerk het ‘n herrie veroorsaak.
Botha is bekend vir rolle in Vyfster, Dryfsand, Blink Stefaans en Stander. Hy het ‘n kunsgallery op Paternoster.
Volgens berigte is hy in die spervuur nadat hy die ou landsvlag op ‘n vriend se kroegmuur geverf het.
Van Botha se kunswerke is op sy sosialemediaplatforms te sien. Hy het die omstrede kunswerk soos volg verduidelik:
Lees hier:
“Aan al my Facebook-vriende wat wel verstaan het -baie dankie vir julle volwasse uitkyk op die ongelukkige petalje.
Die idee was om ons land se geskiedenis d.m.v. al die verskillende vlae oor die jare, op n kroegmuur uit te beeld – ongelukkig het ek blykbaar met die verkeerde vlag begin.
Ek sou darem baie onnosel wees om op hierdie forum n politieke stelling te wou maak, spesifiek oor die klimaat wat tans heers – dit het gegaan oor kunswerke – nie politiek nie!!!!
Dankie aan almal wat dit so verstaan het, en daarmee sluit ek hierdie hoofstuk nou af, en sal dit verkies om dit daar te laat.
Lekker dag.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



