Jeff Beck (Geoffrey Arnold Beck) gebore op 24 Junie 1944 te Wallington, Surrey, Engeland is op 10 Januarie 2023 as gevolg van ‘n skielike siekbed in die ouderdom van 78 dood.
Hy was met bakteriële meningitis gediagnoseer.
Beck was ‘n Engelse rock-kitaarspeler wat in verskeie groepe gespeel het, onder andereThe Jeff Beck Group en Beck, Boggert & Appice.
Hy het in sy leeftyd meer as 35 albums vrygestel.
Verlede jaar het Beck en Johnny Depp (59), ná die akteur se omstrede hofsaak met Amber Heard, saam getoer vir optredes wat baie gewild was.
Hulle het ‘n album genaamd 18 opgeneem met die treffer This Is A Song For Miss Hedy Lamarr (‘n oorspronklike Johnny Depp) en ander cover songs. ‘n Ander gesamentlike treffer is Isolation.
Die duo het nog tot in November 2022 getoer.
Depp was voor Beck se dood by hom.
Beck se familie het sy dood op sosiale media aangekondig en gevra vir privaatheid.

Bronne: New York Post, People en Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



