Delarize Stevenson (15) wat teen ostreosarcoma fase 3 veg, het uiteindelik op 11 Januarie 2023 saam met haar ouers na die Wes-Kaap gevlieg vir ‘n tweede opinie.
FiND iT berig al van die begin af oor die tiener wat by die skool geval het en daar eers gedink is sy het slegs haar knie beseer en toe later word kanker by haar gediagnoseer.
Sy is deur maande lange chemoterapie en dit het nie altyd goed met haar gegaan nie, maar sy was altyd moedig.
Daar was verskeie fondsinsamelings gehou om die ouers in staat te stel om haar in die Kaap by ‘n dokter te kan kry.
Intussen het Delarize op 12 Januarie verjaar en 15 geword en was dit ook die dag waarop sy die dokter kon spreek.
Sy het gister ‘n uitstappie vir haar verjaarsdag in die Kaap gehad. Haar ouers het James Rudd, wat dit vir haar spesiaal gemaak het, bedank.
Haar ma het Saterdag teruggevlieg huis toe in Gauteng om na haar boeties om te sien. Haar pa gaan by haar bly en haar ondersteun.
Hier volg ‘n boodskap wat haar pa aan FiND iT gestuur het:
Just finished with doctor Hilton. They did an X-ray of her leg and chest. She will be admitted on 16 January and the operation will be done on 17 January.
They are going to do a distal femur replacement. The doctor says if they operate and something is not right they will have to do above knee AMPUTATION, but going to do their best to save the leg.
I think we are all a bit emotional drained. It is not the news we wanted but still keep praying for a miracle.
We will have to stay in Cape Town until 27 January, then if all goes well she will be discharged.
Please keep praying GOD is a miracle worker.
Thanks for all the support.
Haar vordering en nuus kan op die Delarize Stevenson Ostreosarcoma stage 3 Faceook-blad gevolg word.
Lees ook:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



