Voertuig ry van brug, land op treinspoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Persoon is dood nadat ‘n voertuig vanoggend in Mamelodi, Pretoria, van ‘n brug waarop dit gery het op ‘n treinspoor onder die brug te lande gekom het.

Emer-G-Med het om 06:00 reageer na die toneel van ‘n ernstige motorongeluk in die Mamelodi-area.

Met hul aankoms op die toneel is ‘n ligte afleweringsvoertuig deur paramedici gevind.

Na bewering het die voertuig op ‘n brug bo-oor ‘n treinspoor gery, waarna die voertuig op ‘n onverklaarbare wyse die brug af is en op die treinspoor beland het.

Een persoon met noodlottige beserings is op die toneel dood gevind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.