Sekuriteitsbeampte kritiek na skietvoorval

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Sekuriteitsbeampte van die Lanseria-area in Gauteng het gisteraand ernstige skietwonde opgedoen.

Emer-G-Med en Tactical EMS-beamptes het hulle om 22:00 na die toneel in ‘n residensiële area van Lanseria gehaas.

Hulle het die manlike sekuriteitsbeampte met lewensbedreigende skietwonde in ‘n kritieke toestand gevind.

Gevordered lewensondersteunende intervensie is toegepas om hom te stabiliseer. Hy is ook aan ‘n meganiese ventilator gekoppel voordat hy in die sorg van ‘n nooddienswerker na ‘n hospitaal vir verdere mediese behandeling vervoer is.

Omstandighede van die skietvoorval word deur die SAPD ondersoek.

FiND iT het die SAPD genader vir kommentaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.