Meisie verkrag, verwurg en wegggesteek

Deel hierdie storie / Share this story

Lihle Zenzile (10) van Mbekweni, Paarl, is op 6 Januarie leweloos in haar ouers se kamer gevind, waar haar liggaam versteek was.

Lihle was ‘n leerling van Primêre Skool Imboniselo. Die skool het die gr.-4 se afsterwe vyf dae gelede op hul Facebook-blad aangekondig.

Women For Change sê die meisie is na bewering verkrag voordat sy verwurg is.

Haar neef (18) wat in dieselfde huis bly, het homself glo aan die polisie oorhandig en erken dat hy haar doodgemaak het.

Haar lewelose liggaam is glo eers ná sy bekentenis onder klere, in ‘n wit kis, in haar ouers se slaapkamer gevind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.