Gestrande motoris langs pad doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Motoris is vroeër vandag op die N2, Umdloti, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Medi Response en IPSS Medical Rescue het na ‘n skietvoorval op die N2, naby die Umdloti-afrit reageer.

Met aankoms op die toneel het paramedici ‘n gestrande voertuig langs die pad gevind met die bestuurder wat geskiet is.

Na bewering het twee voertuie van ‘n familie saam in ‘n konvooi gery toe die betrokke voertuig sonder petrol gaan staan het.

Die tweede voertuig het gery om petrol te gaan kry.

Verdagtes het na bewering uit die bosse langs die pad gekom, die man geskiet en daarna gevlug.

Gevorderde lewensondersteuning intervensies is toegepas op die beseerde wat aan sy wonde beswyk het.

Medi Response waarsku die publiek om versigtig te wees op die N2 en M4 tussen die Noordkus en Durban.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.