‘n Vragmotorbestuurder is gisteraand per helikopter na ‘n hospitaal vervoer nadat hy op die N14-afrit na Beyers Naudé-rylaan, Johannesburg, in ‘n ongeluk betrokke was.
Emer-G-Med is na die toneel. Hulle het die vragmotorbestuurder met ernstige beserings in die wrak vasgekeer aangetref.
Gevorderde lewensondersteunende nooddienswerkers het die man gestabiliseer terwyl reddingstegnici vir amper twee uur gewerk het om hom met behulp van reddingskake uit die wrak los te sny.
Nadat hy bevry is, is hy per Netcare911- lugmediese helikopter na ‘n gespesialiseerde fasiliteit geneem vir behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



