Ma gee geboorte langs pad

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma het Saterdagmiddag laat langs Stellapad, Ballito, KwaZulu-Natal, geboorte gegee.

Medi Response het reageer na ‘n rapportering van ‘n vrou wat langs die pad in kraam is.

Met paramedici se aankoms by die vrou het hulle vasgestel dat sy reeds in ‘n gevorderde stadium van kraam is.

Die vrou is bygestaan, waarna sy geboorte gegee het aan ‘n gesonde baba.

Die ma en baba is na ‘n hospitaal geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.