Twee verdagtes is in Mpumalanga in hegtenis geneem vir verskeie rooftogte by vulstasies waarin kluise en OTM’s opgeblaas is sodat geld bekom kan word.
Die polisie glo die verdagtes is verantwoordelik vir rooftogte in Tonga, Pienaar, Nhlazatshe, Acornhoek, Kanyamazane, Schoemansdal em Kamhlushwa. Een persoon het in Oktober 2022 in Kamhlushwa omgekom tydens die opblaas van ‘n OTM.
’n Pistool, ammunisie en laaierboks en drade vir ’n plofbare toestel is in die verdagtes se besit gevind.
Bronne: Times LIVE, Road Safety, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Rowers teiken vulstasie



