Rowers teiken vulstasie

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ’n voorval waartydens ’n groep rowers ’n vulstasie in Hazyview geteiken het en weggekom het met ’n onbekende bedrag geld.

Volgens die polisiewoordvoerder het vier gewapende verdagtes wat in twee SUV-voertuie gery het ’n vulstasie bestorm en die personeel met hulle gewere gedreig. Skote is gevuur om te keer dat iemand naby aan hulle kom.

Hulle het ‘n OTM en kluis opgeblaas en weggejaag. Niemand is in die voorval beseer nie. Nog geen arrestasies is gemaak nie.

Bronne: IOL, African News Agency

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Verdagte val polisie aan, doodgeskiet