Onderwyser wat glo verkeersbeampte skiet oor boete, borgtog geweier

Deel hierdie storie / Share this story

Die Oos-Kaapse onderwyser wat glo ’n verkeersbeampte wat vir hom ’n boete gegee het doodgemaak het, is borgtog geweier.

Siphesonke Galoshe is vandeesweek borgtog geweier vir die moord op verkeersbeampte Daniel Mxoli (61) op 10 Oktober 2022.

Mxoli het Galoshe afgetrek en ’n boete gegee. Toe hy sy rug op Galoshe draai, het dié hom glo geskiet.

Galoshe het eers by sy suster se huis in Gqeberha weggekruip en homself later aan die polisie oorgegee.

Die saak is tot Maart uitgestel.

Bronne: IOL, Algoa FM, EWN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Onderwysers moet op uitkyk wees vir masels