Man aangerand nadat kind verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is gistermiddag deur ouers en gemeenskapslede aangerand nadat hy glo met ‘n kind (7) in ‘n rivier gespeel het en die kind verdrink het.

Dié rivier lei na die Hazelmere-dam.

Reaction Unit South Africa is gistermiddag om ongeveer 15:50 deur inwoners van die area gekontak om te help, nadat vermoed was dat die kind verdrink het. Sy familie het aan die beamptes gesê dat hulle onbewus was dat hul kind saam met ‘n groep mense gaan swem het.

‘n Soektog is begin en selfs mét die Rusa-helikopter het dit nie tot die opsporing van die kind gelei nie.

Na bewering het ‘n man die kind op sy rug gesit en in die water geduik toe die kind sy houvas verloor en verdrink het.

‘n Groep van ongeveer 20 swemmers het na die seun gesoek, maar kon hom nie vind nie.

Die kind se woedende ouers en gemeenskapslede het die man met stokke en vuiste begin aanrand.

Wetstoepassers het die man van die toneel verwyder.

Die kind se liggaam is gevind en hy is op die toneel dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.