Lisa Marie Presley, (54) gebore in Memphis Tennessee in 1968, is gister vermoedelik aan ‘n hartaanval in ‘n hospitaal oorlede.
Sy was die enigste dogter van Rock and Roll-legende, Elvis Presley saam met Priscilla Presley. Sy was haar pa se enigste erfgenaam.
“It is with a heavy heart that I must share the devastating news that my beautiful daughter Lisa Marie has left us,” het Priscilla Presley gesê.
Bronne het aan TMZ gesê sy is gister in haar huis in Calabasas, Kalifornië, gevind waar sy gelê het en geen reaksie getoon het nie. Lisa Marie is na ‘n hospitaal gehaas waar sy volgens mediaverslae gesterf het.
Sy het as sangeres in die voetspore van haar legendariese pa gevolg met sang en liedjies skryf. Sy het drie albums vrygestel, waarvan haar debuutalbum in 2003 honderde duisende verkoop het.
Sy was in haar leeftyd getroud met poplegende Michael Jackson, akteur Nicholas Cage en musikante Danny Keough en Michael Lockwood.
Lisa Marie het twee dae voor haar dood die 80ste Golden Globes saam met haar ma bygewoon waar akteur Austin Butler ‘n Golden Globe-toekenning vir beste akteur vir sy rol as Elvis ontvang het.
Sy laat drie kinders agter, genaamd aktrise Roxy Keough en tweelingdogters wat sy saam met Michael Lockwood het.
Haar seun, Benjamin Keough (Elvis se enigste kleinseun), het in 2020 in die ouderdom van 27 selfdood gepleeg.
Bron: Sky News, Fox 13 News – Tampa Bay, BBC News en vele ander.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



