Gerrie Coetzee ‘Die Boksburg Bommer’ oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Gerrie Coetzee wat op 8 April 1955 gebore is, is gister op 12 Januarie in die ouderdom van 67 as gevolg van kanker oorlede.

Hy het professioneel geboks vanaf 1974 tot 1986 en weer in 1993 en 1997.

Tydens sy boksloopbaan was hy die eerste Suid-Afrikaner om ooit ‘n wêreldswaargewig-kampioenskap te veg en te wen. Hy het die WBA-titel van 1983 tot 1984 gedra.

Hy het teen name soos Christian Roos, Mike Schutte, Ron Stander, Pierre Fourie, Michael Dokes, Leon Spinks en Pinklon Thomas geboks.

Hy staan ook bekend as Gerrie Seer Handjies Coetzee soos wat hy deur Kallie Knoetze gedoop was en The Bionic Hand weens mediese redes.

Hy het 40 gevegte gehad met 33 wat hy gewen het, ses verloor en een was gelykop.

Bron: Wikipedia

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.