Jeffrey Dahmer-slagoffer se ma praat oor Evan Peters se Golden Globe

Deel hierdie storie / Share this story

Evan Peters het ’n Golden Globe-toekenning vir sy rol in die Dahmer – Monster: The Jeffrey Dahmer Story” gewen.

Die ma van Tony Hughes wat in 1991 deur Jeffrey Dahmer vermoor is, het die toekenning gekritiseer en gesê dit veroorsaak meer pyn vir die families van die slagoffers.

Shirley Hughes het gesê sy voel Evan Peters moes in sy toespraak gepraat het oor die slagoffers en familie van die slagoffers of hy moes sê Hollywood moet ophou om moordenaars op te hemel.

Sy het gesê Peters moes die rol van die hand gewys het uit respek vir die families van die slagoffers.

Peters het in sy toespraak die kykers bedank en gesê die reeks was “moeilik” om te verfilm en moeilik om na te kyk.

Bronne: BANG Showbiz, Asia One, Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Twee verdagtes vas vir rooftogte by vulstasies