Japan het aangekondig hulle gaan meer as ’n ton water van die vernietigde Fukushima-kernkragsentrale in die see gooi vanjaar.
Die radioaktiewe vlakke voldoen nou aan die nasionale standaard nadat die water behandel is en die voorstel is glo veilig. Ander lande het egter hulle kommer oor die besluit uitgespreek.
Die besluit om die water in die see vry te stel, is omdat daar nie meer spasie is om die water te stoor nie.
Vissermanne en buurlande het hulle kommer uitgespreek oor die besluit wat in 2021 goedgekeur is.
Bronne: BBC, Yahoo, Jacaranda FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



