Jacques Potgieter en Angelique Gerber se oudste seuntjie, Jacques jr., het dié week sy eerste dag van “groot skool” beleef.
Die ouerpaar is geloof vir hoe hulle hulle seuntjie se eerste dag van gr. 1 hanteer het, met Maritza Breytenbach wat sê hulle is ‘n “fantastiese voorbeeld van twee goeie ouers”. Sy het gesê met twee sulke “onbaatsugtige ouers” wat die belange van hulle seuntjie bo hulle eie stel, kan hy net groot hoogtes in sy skoolloopbaan bereik.
“Welgedaan Pappa en Mamma. Dit is ‘n pragtige foto en julle is ware rolmodelle en ‘n goeie voorbeeld vir baie ander ouers wat in dieselfde bootjie as julle sit. Mag julle beide bly daar wees vir al boeta se mylpale vorentoe en mag ons Liewe Vader julle as ‘n gesin seën met baie geluk, vrede en voorspoed.”
Ook Soné Theron het gesê: “well done on adult parenting!”
Beide Jacques en Angelique, wat nog twee kinders saam het, het ‘n foto van klein Jacques se eerste dag aan die Laerskool Garsfontein op hulle Instagram-rekeninge gedeel. Jacques het vandag ‘n foto gedeel saam met sy nuwe meisie, waarin hy haar bedank dat sy die “beste” in hom uitbring.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



