Vier persone wat in ongeluk doodbrand se name bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Maureen Koopman (55), McKenzie Abrahams (10), Chriswin Markgraaf (13) en Kaydee (7) is die vier persone wat op 9 Januarie in ‘n ongeluk op die R27 tussen Langebaan en Yzerfontein dood is.

Denzil Abrahams wat die Volkswagen Golf bestuur het, het die ongeluk oorleef, maar was volgens Sam Paulsen op Facebook gister steeds in Vredenburg-hospitaal.

West Coast Medical Rescue is ontbied na die ernstige motorbotsing, waarin ‘n voertuig aan die brand geslaan het. Die pad was in digte mis gehul.

Hulp is van verskeie owerhede versoek. Die pad is onmiddellik vir verkeer gesluit om die veiligheid van nooddienste te verseker.

Nadat die brandende voertuig geblus is, is vier liggame binne-in gevind. Een insittende wat beseer is, is in ‘n ernstige maar stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Op die Facebook-blad waarop nuus van die ongeluk oorspronklik geplaas is, is daar boodskappe van medelye wat instroom en familie van die oorledenes se plasings onderaan.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.