Vier persone is vanoggend dood in ‘n ongeluk wat op die R27 tussen Langebaan en Yzerfontein plaagevind het.
Die pad was gehul in digte mis.
West Coast Medical Rescue is ontbied na die ernstige motorbotsing, waarin ‘n voertuig aan die brand geslaan het.
Hulp was van verskeie owerhede versoek.
Op die toneel is die pad onmiddellik vir verkeer gesluit om sodoende die veiligheid van nooddienste te virseker.
Nadat die brandende voertuig geblus is, is vier liggame binne in gevind.
Een pasiënt wat beseer is, is in ‘n ernstige maar stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



