Vrou se ontsnappoging ná winkeldiefstal loop skeef

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (41) van Hanover Park is Donderdagaand 5 Januarie 2023 beseer toe haar ontsnappingspoging skeefgeloop het nadat sy glo Pritt-gomstafies en ‘n rugsak gesteel het.

Die diefstal het na bewering by die PicknPay in Ottery plaasgevind.

Sy het glo 14 stafies Pritt en ‘n Frozen-rugsak van meer as R1 500 gesteel en was in ‘n kantoor toegesluit terwyl daar vir die polisie gewag is.

Waar sy in die kantoor gewag het, het sy ‘n oop ventilasiepyp gesien wat by die plafon uitsteek en besluit om daardeur te ontsnap.

Daar kon gehoor word hoe sy in die donker binne-in die dak, op die plafon, beweeg. Omdat sy nie kon sien nie, het sy binne-in ‘n gat in ‘n muur geval.

Jermaine Carelse, woordvoerder vir brand-en-reddingsdienste, sê brandbestryders is net na 19:00 na die toneel waar hulle kon hoor hoe die vrou skree nadat sy kop eerste in die gat geval en vasgesit het.

Sy is om ongeveer 20:20 bevry en het tydens die insident ‘n fraktuur aan haar arm opgedoen. Sy is na die Groote Schuur-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Sy is vir winkeldiefstal aangekla en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

FiND iT het die polisie om kommentaar gevra.

Bron: Daily Voice

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.