Cassidy Jonkers (14), ‘n voormalige gr. 7-leerling van Belmore Primary School, is Vrydagaand 6 Januarie 2023 om 18:30 ernstig gewond nadat sy vyf keer in ‘n verbyry-skietinsident vanuit ‘n VW Polo getref is. Sy het saam met ‘n vriend in Ryburgstraat, Hanover Park gestap toe die voorval plaasgevind het.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die omstandighede van die skietvoorval waarin ‘n meisie geskiet en gewond is, word ondersoek.
Philippi-polisielede het die meisie met skietwonde aan haar liggaam aangetref.
Sy is na ‘n mediese fasiliteit geneem vir hulp.
‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.
Die verdagtes het van die toneel gevlug en geen arrestasies is nog gemaak nie.
Volgens ‘n anonieme familielid van die meisie het bure hulle van die voorval ingelig. Sy was twee keer in die maag en een keer in die arm, heup en been geskiet. Sy het reeds twee ernstige operasies ondergaan en is aan die herstel.
Bron: Dayily Voice
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



