Jonger broer glo deur twee ouer broers met byl doodgekap

Deel hierdie storie / Share this story

Matshele Nelson Mogapu (53) is Maandag 9 Januarie om 22:00 in Eenkanteen Mampaha-woonbuurt, Nebo, Sekhukhune, Limpopo dood toe hy glo deur sy twee ouer broers na ‘n woordewisseling met ‘n byl doodgekap is.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie is deur gemeenskapslede gekontak. Met hul aankoms op die toneel het hulle die oorledene se gekapte liggaam gevind.

Die twee verdagtes, Hollo Mapadimeng (60) en Seageng Mogapu (62) is in hegtenis geneem vir moord, aangekla en het op 11 Januarie in die Nebo-landdroshof verskyn. Die saak is tot 19 Januarie vir ‘n formele borgaansoek uitgestel. Beide mans bly in aanhouding.

Die motief vir die grusame moord is onbekend, maar Ledwaba sê huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.