Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vandag ‘n konstabel afkomstig van die Wes-Kaap, die eerste vroulike lid (31) wat haar keuringsopleidingsprogram geslaag het om van die Spesiale Taakmag (STF – Special Task Force) deel te wees, verwelkom.
Sy is die eerste vroulike lid van hierdie elite-eenheid in die geskiedenis van die SAPD.
Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê sy het haar kursus geslaag sonder dat daar enige aanpassings gemaak is om haar as vrou te akkommodeer.
Sy dien as die enigste vroulike operasionele polisielid in die eenheid.
Vandag, by die Tshwane-polisiekollege, was sy deel van ‘n peloton waarvan 10 mans was, wat hulle STF -“vlerkies” “by genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van die polisie, onvang het.
Die spesiale “vlerkies” word slegs toegeken aan lede wat hul opleidingsprogram suksesvol voltooi het.
Hierdie spesiale vlerkies op die linkerkant van die bors toon aan dat die draer op die hoogste vlak opgelei is in wapenvaardigheid, gevorderde landelike para-militêre taktiek, gevorderde taktiese polisiëring vir hoërisiko-insidente, gyselaarvrylatingtaktiek in ‘n verskeidenheid hoërisiko-insidente, sowel as die vermoë om met ‘n valskerm in ‘n landelike omgewing te ontplooi
Nog 10 addisionele lede wat vandag parade gestaan het, het hul operator’s badge ontvang. Hierdie lede het reeds vir ‘n twee jaar probasietydperk in die elite-eenheid diens verrig.
Die vroulike lid, wat weens sekuriteitsredes nie geïdentifiseer kan word nie, het gesê hierdie groot prestasie moet as motivering dien vir ander vroue wat aanhou om deur die hindernisse in ‘n mans-gedomineerde omgewing te breek.
“If you really want something you must do everything to obtain it. I wanted to be part of the best, either the best or nothing. If I can do it, other women can and will be able to do it”, said the only female member attached to the STF.
Lees die verklaring verder hier:
The Special Task Force is the only paramilitary unit in the SAPS and falls under the Specialised Operations Component which is led by a female commander, Major General Nonhlanhla Zulu. Together with other units and components, they report to the organisation’s first female Deputy National Commissioner, Lieutenant General Tebello Mosikili.
The National Commissioner of the SAPS, General Fannie Masemola, says the organisation will continue to empower and recognise women.
“Out of 906 applications to join this elite unit, 589 applicants qualified for provisional selection. Ultimately, only 93 applicants reported for selection of which only 11 successfully completed the STF Basic Training programme. Suffice to say, the 11 successful candidates, together with currently serving 10 STF members, have done the organisation proud. All members on parade have shown dedication and commitment to their profession. The STF selection criteria is very stringent and those who are selected, must prove their mettle throughout their intensive and rigorous training”, said General Masemola.
The Special Task Force Unit was established in 1976. It’s mandate includes responding and providing operational support only to high risk incidents which include terrorism and hostage related incidents, rescue missions amongst a host of other high risk matters.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



