Bokgabo Poo, vermink en vermoor, sou vandag 5 wees

Deel hierdie storie / Share this story

Bokgabo Poo wat op 10 Oktober 2022 ontvoer, verkrag, vermoor en haar liggaam toe aan lykskending onderwerp was, sou vandag vyf jaar oud wees.

Ntokozo Khulekani Zikhali (28) van Brakpan is die beskuldigde in die saak, en steeds in aanhouding nadat hy sy borgtogaansoek laat vaar het. Hy was juis op borg na nog ‘n klag van verkragting van ‘n 9-jarige meisie. Sy borg in dié saak is ook herroep.

Irvin Ndlovu, Bokgabo se pa, het vanoggend hierdie hartverskeurende boodskap op sy Facebook-blad geplaas:

Little Bokgabo (Connie❤️) It was on this day 5years ago when I became a father in this world. My Little Princess u were born on this day (12-01-2018) and I remember the excitement I had upon receiving a phone call that you’ve arrived on planet earth, I ran to my family and broke the exciting news to them, everybody got excited, we prayed, thanked God and we rejoiced.
It was in the afternoon around 2pm, with the hospital (T.M.H) visiting hours set for 3pm and 6pm, I couldn’t wait to meet her, so I rushed to the hospital, chasing the 3pm timeslot.
I arrived full of smiles and euphoria, I held her, she was soooo tiny, gorgeous and lightskinned, I felt Soo proud, I was a new father, I stopped wearing my skinny jeans and started wearing formal pants, the way I walked changed, I began presenting myself as a father ouh that feeling was magical.

Every 12th of January has been celebrated, never had I not did a huge Party 4u on ur special day, this is why even today we will spend hours together, just at a different location ( by the cemetery)😭 u will not be able to enjoy ur birthday cake but I’ll share some bed time stories with u and you’ll tell me what it’s like there in heaven🥹💔.

My Lil tears are rolling down my face as I write this, let me just conclude by saying happy birthday in heaven, it’s a very sad day for me today.

Love lots🧡🧡
Ur beloved father
-Irvin

Kort oorsig van die saak:

Bokgabo se ouers het haar as vermis aangemeld. Leah Khoza het die volgende dag haar erf gevee en op menslike been afgekom, waarna die polisie gekontak was.

Nog dele van Bokgabo se liggaam is na die been ontdek is, gevind. Haar pa het met ‘n vorige hofverskyning gesmeek dat die beskuldigde sê waar die res van haar liggaam is sodat sy begrawe kan word.

Die jong moordslagoffer is op 7 November ter ruste gelê. Met die jongste hofverskyning het haar pa almal wat die hof sou bywoon, gevra om oranje aan te trek.

Lumka Mahanjana, NVG-streekswoordvoerder in Gauteng, sê Bokgabo Poo het na bewering op 10 Oktober 2022 saam met ‘n 5-jarige seunsmaat in ‘n park in Watville, Benoni gespeel toe die beskuldigde hulle nader. Zikhali het glo vir die seun geld gegee om suigstokkies te gaan koop en toe die vierjarige Bokgabo saam met hom weggelok.

CCTV-beeldmateriaal van ‘n taverne in die nabye omgewing het gewys hoe Bogkabo saam met Zikhali op die dag van haar verdwyning stap.

Die beeldmateriaal is op sosiale media versprei, waarna Zikhali glo na Boksburg gevlug het. ‘n Petroljoggie by ‘n vulstasie het hom herken en op 14 Oktober aan die polisie uitgewys, waarna hy in hegtenis geneem is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.