Man se oor afgeskeur deur pitbull

Deel hierdie storie / Share this story

Johannes Titus (50) van Scottsdene is op 11 Januarie in Koopmanstraat oorkant Hoërskool Scottsdene in Kraaifontein, Wes-Kaap glo deur ‘n pitbull-terriër aangeval waartydens die hond sy oor afgeskeur en ander beserings veroorsaak het.

FC van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die polisie het nie rekord van so ‘n voorval nie.

Hy is eers na die Kraaifontein-daghospitaal gehaas.

Elizabeth Hendricks (58), die man se suster, het aan Daily Voice gesê haar broer is daarna na die Karl Bremer-hospitaal geneem.

Mandy Kyster (37), wat hom probeer help het, sê die man se oor het op die grond gelê met bloed orals en bytwonde oraloor – aan sy gesig, hande en voete.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.