Seun (7) hang glo homself

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (7) het homself vanoggend na wat berig word in Omaruru in Namibië gehang.

Die koerant Die Republikein berig die seun het homself by ‘n huis by die munisipale plotte agter die Hakana-nedersetting opgehang. Dié nedersetting is sowat ‘n kilometer vanaf Omaruru.

Die seun en sy gesin het, soos berig, vroeër die oggend inspeksie by hulle bokkraal gaan doen. Die ouers het die spore van ‘n bok wat gevind is geslag is, gevolg. Met hulle terugkoms het hulle gevind die seun het homself opgehang.

Bron: Die Republikein