Ouers spandeer R82 m. vir Kersfees op kinders

Deel hierdie storie / Share this story

Die egpaar, Barrie en Tony Drewitt-Barlow, het dit weer gedoen!! Want as jy letterlik R82 miljoen op jou sewe surrogaatkinders vir Kersfees spandeer, is dit die norm vir jou.

Barrie is oorspronklik van Manchester, maar woon in Florida in die VSA.

Kersfees 2022 was nie ‘n uitsondering op die tipe bedrae wat hierdie miljoenêrouers op hul kinders spandeer nie en daar is motors, woonstelle en Rolex-horlosies vir die kinders gegee. Barrie sê sy kinders kan soveel as wat hulle wil, spandeer.

Daar word nie geskroom om hulle sewe kinders meer as wat hul kinderharte van kan droom te gee nie, al is dit nie die tipe geskenke waarvan kinders elke dag normaalweg sou droom nie.

Vier maande oue Romeo het ‘n woonstel in Manchester gekry en Barrie het aan The Sun gesê sy geskenke het ontwerpersklere, ‘n Rolex-horlosie en ‘n Rolls Royce om sy seun kleuterskool toe te neem, ingesluit.

Valentina (2) het onder meer ‘n privaat speelgrond gekry.

Saffron (gebore in 1999) en die oudste dogter, het ‘n Lamborghini Uris op haar Kersfeeslysie gehad en haar tweelingbroer Aspen het onder meer twee Rolex-horlosies gekry.

Orlando (gebore in 2003) spog met ‘n nuwe woonstel in Tampa reg langs die universiteit wat hy bywoon.

Die tweeling Jasper en Dallas (gebore in 2010) het elk ‘n PS5 en ook elkeen ‘n Rolex-horlosie gekry.

Hierdie is dieselfde pa’s wat in September 2022 vir hul maand oue baba, Romeo Tarquin Drewitt-Barlow, wat op 12 Augustus deur surrogasie gebore is ‘n seiljag van R49 miljoen gekoop het. Die baba en sy sibbe dra ontwerpersname soos Gucci, Versace, Dior, Tommy Ralph Lauren en ander.

Vir Valentina se eerste verjaarsdag het hulle nie geweet wat om vir haar te gee nie en toe besluit om vir haar ‘n luukse woonstel te gee.

“We’ve worked extremely hard for everything we have – one of our greatest pleasures is giving our children what we never had, but we all strongly feel it’s time we also gave something back.”

Die paar se beplanning is om drie persone te help om ‘n baba te kan hê deur surrogasie deur hul maatskappy American Surrogacy Company, the British Surrogacy Centre.

Barrie en en sy gewese man, Tony Drewitt-Barlow, het nie net geskiedenis gemaak as Brittanje se eerste gay pa’s nie, maar ook as die eerste gay pa’s om tweeling Saffron en Aspen in 1999 in die wêreld te verwelkom.

En die bedrae wat aan hierdie geskenke gekoppel word? Gaan lees maar self op daaroor.

Bronne: Don Barrie Instagram, Daily Mail, The Sun, Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.