In die video, wat duidelik van elders in die wêreld is as jy kyk aan watter kant van die pad die motors ry, probeer vermeende misdadigers hul geluk toets toe hulle met ‘n silwerkleurige dubbelkajuitbakkie op ‘n voertuig met insittendes, wat lyk asof dit ‘n perseel gaan verlaat, wil toeslaan.
Die video word op sosiale media versprei asof die voorval in Suid-Afrika sou plaasgevind het, wat nie die geval is nie.
‘n Vrou klim uit ‘n swart voertuig en maak ‘n hek oop vir die voertuig om deur te ry, waarna die verdagte voertuig eers verbyry en dan terugstoot.
Dan spring twee vermeende misdadigers uit die dubbelkajuitbakkie en kan daar gesien word hoe ‘n gewapende verdagte ‘n vuurwapen op die vrou rig terwyl hy agter haar aanstap en sy na veiligheid vlug.
Toe die verdagte ‘n vuurwapen op die vrou rig, maak die linkerkantste deur van die voertuig oop, waarna die persoon skote op hulle vuur.
Die een verdagte struikel en kruip behoorlik terug na die dubbelkajuitbakkie waarna hy saam met sy makker vlug dat die rook so staan.
Die datumstempel op die video is 3 Januarie 2023.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



