BI Phakathi, van die BI Phakati Organisasie staan op sosiale media as ‘n openbare figuur bekend wat ‘n motiveringspreker, filmmaker en lewensafrigter is en raak daagliks harte aan as ‘n gesiglose weldoener wat lewens positief met sy goeie hart aanraak.
Hy wys nooit sy gesig nie, maar skroom nie om minderbevoorregtes en hawelose mense te help nie.
Orals op sosiale media wemel dit van video’s waarin hy selfloosheid aan die dag lê en help waar dit nodig is. Indien jy na die video’s kyk, kan jy vir seker weet jy gaan ‘n sneesdoekie of twee byderhand moet hê.
BI het meer as sewe miljoen volgelinge op sosiale media wat nie weet hoe hy lyk nie.
Deur sy organisasie kan jy BI help om meer mense te help. Hy kan deur sy webblad en e-pos [email protected] bereik word.
Hy kan op TikTok @biphakathi1, Instagram – biphakathi, Twitter biphakathi, YouTubehttps://www.youtubecom/c/BIPhakatgi of sy webtuise https://www.biphakathifoundation.com en BI Phakathi TV gevolg word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



