Michal Jacobus Willemans (36) is in hegtenis geneem nadat hy na bewering klaers in Suid-Afrika, oor ‘n tydperk van jare, uit groot bedrae geld geswendel en besteel het.
Hy het verskeie ander name gedurende sy beweerde misdaadtogte gebruik: Michal Smit, Desmond Newlands, Dawie, Daniel Miller, Dullon Holland, Mike, Pilot en ander vals identiteite kan nie uitgesluit word nie.
Hy was uit op parool en gesoek in Pretoria, Johannesburg, Vrystaat, Boksburg en Kaapstad. ‘n Beloning van R10 000 was uitgereik vir inligting wat tot sy suksesvolle arrestasie sou lei.
Hy was glo sedert 2020 aan die vlug, nadat ‘n arrestasie-lasbrief vir hom uitgereik is.
Kapt. Zylstra van Boksburg-Noord se SAPD was op soek na hom en hy is gesoek vir misdade in verskeie provinsies wat na bewering bedrog, diefstal van motorvoertuie, aanranding en ander misdade insluit.
FiND iT het die polisie om kommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



