‘n Fetus is gister by ‘n winkelsentrum in Faerie Glen in Pretoria gevind. Emer-G-Med se paramedici is na die toneel ontbied.
Na bewering het iemand in ‘n asblik gekrap en die grusame ontdekking gemaak.
Tydens ondersoek is gevind dat die fetus ten volle ontwikkel was. Daar was egter geen teken van lewe nie en die fetus is op die toneel dood verklaar.
Die liggaam is aan die polisie oorhandig waarna verdere ondersoek gedoen sal word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



