Agt fietsryers van Hartswater in die Noord-Kaap is besig met ‘n bewusmakingsveldtog oor sistifibrose (ook sistiese fibrose genoem) om hul eie “superhero” te ondersteun en beoog om in die proses 1 240 kilometer met fietse af te lê.
Dit word die Skema 2 Sea 2.0 genoem en behels nege dae van fietsry vir agt fietsryers.
Hierdie projek is nie net vir bewusmaking nie, maar ook om vir Shiloh Grewar (15) geld in te samel om te help met sy mediese uitgawes.
Shiloh van Hartswater is as klein seuntjie met die siekte gediagnoseer en hy word beskou as die dorp se eie sistifibrose “superhero.” Die projek lê die gemeenskap van Harswater baie na aan die hart.
“William White en sy seun Hugh was die dryfkrag van Skema 2 Sea 2.0. Met behulp van die gemeenskap, plaaslike besighede en Roundtable Hartz 186 het hierdie droom ‘n realiteit geword,” sê Luzaan Zietsman.
“Shiloh is ‘n brawe jong man en hy veg hiedie siekte soos ‘n ware held.”
Sistifibrose is ‘n oorerflike siekte wat ernstige skade aan die longe, spysverteringstelsel en ander liggaamsorgane kan veroorsaak.
Die span van agt fietsryers het reeds op 5 Januarie 2023 vanuit die Vaalharts-skema (Hartswater, Noord-Kaap) vertrek en daar word verwag dat hulle op 13 Januarie hul bestemming, L’Agulhas, sal bereik. Dis die mees suidelike punt van Afrika.
Die span fietsryers bestaan uit die volgende persone:
Hugh White (18)
Cobus Kok (23)
NJ van der Walt (24)
Ruan Pietersen (34)
William White (44)
David van Rensburg (50)
Tinus Wagenaar (52)
Heinie Naudé (34)
Hulle roete is soos volg indien jy hulle iewers raakloop of beplan om hulle iewers langs die pad te ondersteun:
Dag 1: 5 Januarie – Hartswater tot by Douglas, 230 kilometer
Dag 2: 6 Januarie – Douglas tot by Prieska, 128 kilometer
Dag 3: 7 Januarie – Prieska tot by Britstown, 133 kilometer
Dag 4: 8 Januarie – Britstown tot by Victoria Wes, 107 kilometer
Dag 5: 9 Januarie – Victoria Wes tot by Beaufort Wes, 134 kilometer
Dag 6: 10 Januarie – Beaufort Wes tot by Oudtshoorn, 182 kilometer
Dag 7: 11 Januarie – Oudtshoorn tot by Ladismith, 113 kilometer
Dag 8: 12 Januarie – Ladismith tot by Swellendam, 100 kilometer
Dag 9: 13 Januarie – Swellendam tot by L’Agulhas, 109 kilometer
Luzaan het aan FiND it gesê die fietsryers word op elke dorp met ope arms deur inwoners verwelkom wat dan ‘n ent saam met hulle ry.
“Ons nooi alle inwoners van Kaap L’Agulhas se munisipale gebied uit om die 13de by die suidelikste punt van Afrika bymekaar te kom om die fietsryers welkom te heet.
Volg gerus die SKEMA 2 sea 2.0 Facebook-blad waarop tye, vordering en foto’s by die verskillende dorpe geplaas word.
Indien enigiemand ‘n donasie vir Shiloh se fonds wil maak, kan hulle die volgende persone kontak:
Elize White by +27 (72) 710 8252
Roundtable Hartz 186, Voorsitter, Louis Twigge by +27 82 567 9797.
“Wees op die uitkyk vir die fietsryers en sê hallo in die verbygaan!”
Luzaan het die volgende Facebook-plasing van SKEMA 2 SEA 2.0 gedeel:
The Why – The reason behind our pedal
Primary goal is to raise awareness for Cystic Fibrosis (CF).
The face of our project is our local CF warrior Shiloh Grewar –
We want to enable Shiloh of realizing his dream!
Which is making a difference in other CF warriors’ lives.
What is CF?
Cystic fibrosis (CF) is an inherited disorder that causes severe damage to the lungs, digestive system and other organs in the body. Cystic fibrosis affects the cells that produce mucus, sweat and digestive juices.
The body makes very thick, sticky mucus. The mucus causes problems in the lungs, pancreas, and other organs. There is no cure for CF!
An interesting fact:
Why is CF called 65 Roses?
The “65 Roses” story dates back to 1965 when an observant 4-year-old, hearing the name of his disease for the first time, pronounced cystic fibrosis as “65 Roses.” Today, “65 Roses” is a term often used by young children with cystic fibrosis to pronounce the name of their disease.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



