Man (60) deur eie honde doodgebyt, twee pitbullterriër-kruisings

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (60) van Lichtenburg, Noordwes, is dood nadat hy glo deur sy eie drie honde verskeur is.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder sê dat daar beurtkrag in die gebied was ten tyde van die voorval.

Die man was glo aan die een kant van die huis en sy vrou aan die ander kant.

Na bewering blaf die honde gereeld en het die vrou nie gaan kyk waarom hulle blaf nie, aangesien hulle glo gereeld vir verbygangers en motors blaf.

Na beurtkrag het sy na haar man in hul woning gaan soek, maar kon hom nie kry nie, waarna sy hom roerloos in die tuin sien lê het.

Hy is glo deur hul honde, wat twee Staffie/ pitbullterriër-kruisings en nog een hond waarvan die ras onbekend is, doodgebyt.

Nood- mediese dienste (EMRS) en SAPD is gekontak, waarna die man op die toneel dood verklaar is.

Die DBV het die honde van die perseel verwyder.

‘n Geregelike doodsondersoek is geregistreer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.