Kyk: Brackenfell-kragonderbreking na man kragmas uitklim

Deel hierdie storie / Share this story

Brackenfell in die Wes-Kaap het ‘n paar uur gelede ‘n kragonderbreking ondervind toe Eskom genoodsaak was om kragtoevoer af te skakel wat nie beplan of as gevolg van beurtkrag nie. ‘n Persoon moes van ‘n kragmas gered word.

Volgens C-Max Armed Security Services het ‘n persoon ‘n elektriese kragmas (pylon) met hoogspannings- elektriese kabels in Cecil Morgan-deurweg uitgeklim, in wat vermoed word ‘n selfdoodpoging kon wees.

Polisie saam met ander owerhede was op die toneel waarna ‘n onderhandelingspan ontbied moes word.

Intussen het Happening News SA geplaas dat die persoon ‘n verdagte is wat na bewering gejaag was en toe die mas uitgeklim het wat in ‘n poging tot selfdood ontaard het.

Die elektrisiteitstoevoer vir Brackenfell is afgesit om te keer dat die persoon skok.

Hy is later deur brandbestrydings- en reddingsdienstepersoneel met behulp van toerusting van die kragmas gered.

Hy is aan die polisie oorhandig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.