‘Vermiste’ Luschka maak kontak

Deel hierdie storie / Share this story

André Snyman, van eblockwatch, het aangekondig Luschka Taljaard is veilig. Hy het gevra dat mense hulle daarvan moet weerhou om haar te veroordeel en haar eerder moet ondersteun. eblockwatch het gisteraand Fidelity ADT gemobiliseer om Luschka by ‘n vulstasie in Pretoria te ontmoet.

Sy en haar seun is tans by Unitas Netcare911 Hospitaal opgeneem. Hulle is na 22:00 in Pretoria-Sentraal gevind. Sy het kontak met haar man gemaak om te sê waar hulle is. Hulle is getraumatiseer. Sy en haar seun is met haar man en familie herenig.

Volgens ‘n berig deur AfriNuus het sy reeds gisteraand kontak gemaak met Specialised Security Services se Morney Vos.

Volgens wat Vos aan Middelburg Observer gesê het, het dit voorgekom asof Luschka Taljaard met haar seun Daniël (4) wat sedert eergister as vermis aangegee is nadat selfs haar ma en man nie met haar kontak kon maak nie, nie vermis is nie, maar verkies het”om weg te wees.”

FiND iT het gisteroggend berig oor die video wat deur André Snyman van eblockwatch geplaas is, wat hy van Henry Geldenhuys, president van TLU oor die situasie van Hendrina geneem het. Die byskrif het soos volg gelees:

“The search was called off at about two a.m. when new details emerged. We are following up on new information and we will keep my eblockwatchmembers posted on this page.”

In die video kan jy hoor sensitiewe inligting is beskikbaar wat nie bekendgemaak word nie.

Meer na die einde van die video word gesê die ondersoek is nou in die hande van die SAPD.

Die video kan in hierdie berig gekyk word:

Ongeveer 150 boere was gemobiliseer in die soektog na die “vermiste” ma en seun.

Vrydag het Mike Bolhuis en Specialised Security Services by die soektog betrokke geraak, waarna Morney Vos aan Middelburg Observer bevestig het beeldmateriaal wys die ma met haar seun is nie “vermis” nie, maar het “gekies om te verdwyn.” Die opname wys glo hoe sy en die seun uit hul motor, ‘n VW Polo, in ‘n silwer dubbelkajuit-bakkie oorkant die Kwazamokuhle-woongebied klim.

Haar voertuig is tydens die soektog gevind. Dit was nie gesluit nie en die ligte was aan. Daar was selfs ‘n hangertjie gevind.

FiND iT het vroeër vandag Luschka se man, Coetzee Taljaard, vir kommentaar gevra.

Ester Zeeman, haar ma, het aanvanklik eergister die eerste plasing op haar Facebook-blad gemaak dat haar dogter en kleinseun vermis is. Dit is 22 000 keer gedeel, met die nuus dat sy nou wel nie vermis is nie.

Luschka, wat versoek was om kontak te maak, het dit wel gedoen.

Hierdie is die tweede voorval waarin ‘n ma en kind “vermis” geraak het en daar dan agterna gesien word hoe hulle hul voertuig agterlaat en in ‘n ander voertuig klim, waarvan die omstandighede onbekend is:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.