Vyf dood in Oos-Kaap-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf persone is Vrydag oorlede nadat die VW Polo waarmee hulle gereis het op die N2 buite Peddie op pad na Makhanda in ‘n oënskynlike botsing reg van voor met ‘n bussie betrokke was.

Die Oos-Kaapse departement van vervoer sê ‘n Iveco Midbus met sy 23 insittendes, wat van KwaBhaca onderwerg was, was in ‘n botsing betrokke.

Die geslag van die vyf persone wat oorlede is, is onbekend. Almal was in een voertuig.

Hulle is op die toneel dood verklaar.

‘n Klag van strafbare manslag word deur Peddie-polisiestasie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.