Cayden Snyman (12) van Limpopo wat met malaria gediagnoseer is en reeds oor ‘n tydperk medies behandel is in ‘n hospitaal in Limpopo, het ‘n “thumbs up” uit sy hospitaalbed vir die kamera gegee.
Verdere nuus is dat hy uit die intensiewesorgeenheid ontslaan is en tans in ‘n hoësorgeenheid is. Dit beteken ook dat hy self kan eet, bad en selfs kan rondloop.
Hy word egter nog nie uit die hospitaal ontslaan nie, maar die plan is dat hy na ‘n ander hospitaal oorgeplaas gaan word waar hy verder behandel sal word.
Hy is op 24 Desember deur sy pa, Mike, op die vloer gekry waarna met hom na Louis Trichardt-hospitaal gehaas is. Hy is daar met malaria gediagnoseer en sy situasie het so versleg dat hy van Louis Trichardt na Thoyandou na Polokwane- provinsiale hospitaal verskuif is.
Daar word gevra dat steeds vir hom gebid moet word en almal word vir hul gebede bedank.
https://www.backabuddy.co.za/champion/project/cayden-snyman-5480168005835728609
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



