Vermeende verdagtes neem FNB-tak gyselaar

Deel hierdie storie / Share this story

Op Woensdag 4 Januarie gedurende besigheidsure het ‘n groep vermeende verdagtes die FNB in Springs Mall aan die Oos-Rand gyselaar geneem.

Blue Hawk Tactical sê ‘n groep van ongeveer 11 vermeende verdagtes, wat mans en ‘n vrou insluit, was met werknemers van die bank in ‘n argument betrokke oor ‘n gevriesde rekening wat hulle deur middel van dreigemente geëis het weer oopgemaak moet word.

Blue Hawk Tactical se lede het gehelp om die situasie te ontlont, waarna hulle die toneel aan die SAPD oorhandig het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.