Armandt le Roux (20) en Cailin Fourie (19) van Krugersdorp is op 23 Desember 2022 om ongeveer 05:00 in ‘n gru kop-aan-kop-botsing buite Uniondale in die Wes-Kaap oorlede.
Die paartjie was saam in Hoërskool Monument. Daarna het hulle aan die Noordwes-universiteit studeer, Armandt in meganiese ingenieurswese en Cailin in onderwys met die doel om ‘n fietsry-afrigter te word.
Hulle was vir twee weke met vakansie op Mosselbaai saam met Cailin se familie en was op pad na Armandt se familie vir Kersfees toe die kop-aan-kop-botsing plaasgevind het.
Vasti Spiller het foto’s van die twee geneem slegs drie dae voor hul afsterwe.
Beide is Vrydag 30 Desember veras.
Orals op sosiale media het medelye en onthoufoto’s en boodskappe vir die twee spesiale jongmense ingestroom.
Cailin se gedenkdiens vind op 6 Januarie in Roodepoort plaas.
Bronne: verskeie Facebook-bladsye, IOL en Cape Argus
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



