‘n Nuwe ma het in woede uitgebars nadat sy ‘n geruime tyd deur haar man afgekraak is oor haar liggaam na die geboorte van hul kind.
Wat veronderstel was om ‘n gesellige Kersete te wees, het in ‘n rusie ontaard toe die vrou, wat anoniem wil bly, besluit het om nie meer stil te bly na haar man weer iets oor haar liggaam gesê het nie.
Dit het begin toe haar skoonsuster die rok wat sy aangehad het, gekomplimenteer het. Sy was besig om haar te bedank toe haar man ‘n opmerking maak oor hoe “dit beter sal lyk as haar middel kleiner was soos voorheen”.
Ná maande van soortgelyke uittartings oor hoe “sy vroeër mooier was” het sy net geknak. Sy het haar stoel uitgetrek en in die middel van die maaltyd op haar man voor sy hele uitgebreide familie geskree.
“Hou jou mond oor my lyf,” het sy geskree.
Haar man het haar probeer kalmeer en gesê sy opmerkings is nie kritiek nie, “net waarnemings”.
Hy het die aand by ‘n vriend oornag, maar heeltyd vir sy vrou boodskappe gestuur oor hoe sy hom verneder en in die verleentheid voor sy familie gestel het en voorgestel sy moet iemand gaan sien.
Hoewel die vrou sleg gevoel het oor die tydsberekening van haar uitbarsting, het sy verduidelik die aanmerkings hou al maande lank aan.
“Hy sê nooit enige kwetsende woorde nie, maar ek vind sy ‘waarnemings’, soos hy dit noem, kwetsend,” het sy gesê.
‘Hy het byvoorbeeld gesien hoe ek ‘n ou toppie dra en gsê: “O, daardie toppie het altyd goed aan jou gelyk, maar nie meer nie” of wanneer hy na my middel kyk en sê “Sjoe, het nie geweet jou middel kan so groot wees nie”.’
Die vrou het haar storie op haar sosialemediablad gedeel en meer as 8 000 mense het daarop reageer.
‘Mense soos hy verander nooit nie. Ek sal ook sy familie laat weet dat jy spyt is dat jy dinge ongemaklik gemaak het, maar dat hy jou, sy vrou en ma van sy kind, al MAANDE lank verneder,” het ‘n vrou geskryf.
Ander het gesê as hulle hul eie “waarnemings” maak om oor gewigstoename, plooie, haarverlies of ander “normale” tekens van veroudering te praat, sal hulle mans hul komplimenteer.
Sommige mense, wat beweer het dat hulle terapeute is, het gesê die betrokke man se gedrag neig na narsisme.
Die vrou se sosialemediarekening is intussen gesluit nadat sy plasings oor haar lewensmaat se gedrag geplaas het, ten spyte van baie mense wat haar gevra het om hulle te laat weet wat gebeur het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



