Geweer gebruik in Melville-skietery (2019) op plaas gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie is op soek na die eienaar van ’n Gautengse plaas waar een van die vuurwapens wat in 2019 in die Oujaarsaand-skietery in Melville gebruik is, nou gevind is.

Drie jaar gelede is twee mense dood en ses ander gewond toe gewapende mans buite Poppy’s-restaurant losgebrand het tydens Oujaarsaandvieringe.

Die polisie in Gauteng het tydens ‘n klopjag op ‘n plaas in Kliprivier nege gewere gekry, waarvan een positief met die skietery verbind is. Woordvoerder Athlenda Mathe het gesê dat ondersoeke om die plaaseienaar op te spoor nog aan die gang is.

“Vuurwapens is in ‘n vlak graf op die geïdentifiseerde perseel begrawe gevind. Die vuurwapens is vir ballistiese toetse geneem en ‘n multi-dissiplinêre span werk onverpoosd aan hierdie saak om die oortreder van die voorval aan die pen te laat ry in ‘n poging om sluiting vir die betrokke families te bring.”

Bronne: EWN, Valley FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man wat glo Tesla by krans afry, in hegtenis