Die Boer Soek ‘n Vrou-paartjie, Johan en Esmerelda Lombard, het op 27 Desember 2022 ‘n babaseuntjie verwelkom.
“So sluit ek en Johan die ongelooflikste jaar van baie opwinding, verandering en aanpassing af met die grootste geskenk van Bo,” skryf Esmerelda op Instagram.
Die nuwe mamma het ‘n foto van Janru waar hy op ‘n kombersie lê, gedeel.

Die paartjie het in Junie 2021 verloof geraak nadat hulle op die realiteitsprogram, Boer Soek ‘n Vrou, ontmoet het.
Hulle het twee maande later naby Clarens in die Vrystaat getrou.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



