Hierdie is absoluut ‘n wenresep en moet definitief probeer word!
Bestanddele:
125 ml margarien
300 ml suiker
2 eiers
2 x 250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
5 fyngedrukte piesangs
2,5 ml vanielje-essens
Metode:
- Room die botter en suiker.
- Klits eiers een vir een by.
- Voeg die gesifte droë bestanddele by.
- Voeg nou die piesangs en vanielje-essens by die mengsel.
- Bak ±1 uur by 180 °C.
Notas:
Die resep is die lekkerste en definitief die maklikste resep ooit! ‘n Bonuspunt is hy is flopvry en ek beveel hierdie resep aan vir enigiemand.
Resep: Verskaf deur ouma Stienie resepte
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



