’n Man is in hegtenis geneem vir poging tot moord nadat hy glo doelbewus met sy Tesla-motor van ’n krans afgery het.
Dharmesh Arvind Patel, nog ’n volwassene en twee kinders, onderskeidelik vier en sewe, was in die voertuig wat Patel glo doelbewus by die krans afgery het.
Almal in die voertuig het oorleef, maar is ernstig beseer. Reddingswerkers van Kalifornië, VSA, het gesê dit is ’n wonderwerk dat niemand dood is nie.
Patel is in hegtenis geneem op vermoede van poging tot moord en kindermishandeling, het die California Highway Patrol laat Dinsdag gesê. Patel is in die hospitaal en sal na behandeling na die San Mateo County-gevangenis gestuur word.
’n Prokureur vir Patel kon nie onmiddellik geïdentifiseer word nie.
Bronne: IOL, Washington Post, CNN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man wat tiener glo oor mango’s vermoor wag nog vir bed



