Man ernstig beseer nadat bakkie hom stamp en sleep

Deel hierdie storie / Share this story

Nico Villavicencio is Maandagoggend om ongeveer 03:00 ernstig in ‘n tref-en-trap-ongeluk in Oaklaan, Cullinan beseer toe hy deur ‘n Corsa-bakkie getref en agter die voertuig aan gesleep is.

Die Corsa-bakkie word beskryf as wit van kleur met getinte ruite en ‘n klap agterop. Na die ongeluk het die bestuurder nie stilgehou en mediese bystand aan die beseerde verleen nie, maar van die toneel af weggery .

Villavicencio is eers in Wilgers-hospitaal opgeneem waarna hy per helikopter na Milpark-hospitaal oorgeplaas is. Hy is in die intensiewesorgeenheid vir trauma onder sedasie geplaas, as gevolg van pyn en die hoeveelheid bene wat gebreek is.

Villavicencio het reeds gister operasies ondergaan wat suksesvol was, maar is terug in die intensiewesorgeenheid.

Sy ouers moet van Cullinan reis om by hom uit te kom, maar bly deurentyd met die hospitaal in telefoonkontak.

Kostes is reeds oorweldigend en daar word ‘n dringende beroep gedoen op enigiemand wat finansiële bystand kan verleen om sy BackaBuddy-profiel te besoek:

https://www.backabuddy.co.za/sandra-villavicencio-5484107780322058596

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.