Man dood en ‘n ander gered nadat boot omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man het verdrink en een is gered nadat hulle boot Maandagoggend by Maasbaai, naby Hangklip, omgeslaan het.

NSRI-Kleinmond en -Gordonsbaai se lede wat aan diens was, is om ongeveer 08:15 ontbied nadat hulle ‘n rapport van die omgekeerde boot van wetstoepassingsagentskappe en Cape Nature ontvang het.

NSRI se reddingsboot 42 Alpha is op die toneel die water ingelaat en NSRI-Gordonsbaai se reddingsboot Jack en Irene het van Gordonsbaai reageer. Nooddienste van Wes-Kaap-gesondheid is geaktiveer en EMS/AMS Skymed-reddingshelikopter is op bystand geplaas.

Paramedici het die oorlewende man in hul sorg geneem.

Met aankoms by die omgekeerde boot was daar geen teken van ‘n persoon gevind nie en ‘n see-en-kuslyn-soektog is begin. Die oorledene se liggaam is naby die land en rotse gevind. Sy liggaam is aan die polisie en patologiese dienste oorhandig.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.