Baba en kleuter in swembad gevind – kritiek

Deel hierdie storie / Share this story

Twee klein seuns, ‘n baba van 18 maande en kleuter van drie jaar oud, van Randburg in Gauteng is vanmiddag vir mediese hulp per helikopter gevlieg, nadat hulle onder die water in die familieswembad gevind is.

Emer-G-Med se paramedici het om ongeveer 15:20 op die toneel reageer nadat hulle kennis van ‘n verdrinking ontvang het.

Met aankoms op die toneel is die twee seuns in ‘n kritieke toestand gevind.

Verskeie gevorderde lewenondersteunende intervensiemetodes moes gebruik word om die twee kinders te stabliliseer voordat Netcare911-lugambulanse ontbied is.

‘n Nabygeleë landingsone moes gevind word waar Netcare 2 en 3 binne minute kon land.

Beide die seuns is per helikopter na ‘n spesialis- mediese fasiliteit geneem vir die nodige mediese sorg wat hulle benodig.

Volgens Emer-G-Med is hulle steeds in ‘n kritieke toestand.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.