‘n Vermeende reeksverkragter (33) is Woensdag 28 Desember in Tzaneen, Limpopo, se sakegebied in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk ontvang het.
Kol. Malesela Ledwaba sê ongeveer sewe verkragtingsake wat tussen 2015 en 2016 in die gemeenskap van Bolobedu en Tzaneen gerapporteer was, het glo dieselfde modus operandi gehad.
Na bewering is vroue wat onderweg was na Tzaneen en nuut was in die omgewing as slagoffers geïdentifiseer. Hulle sou glo aanwysings vra of hy het die vermeende reeksverkragter sou aanbied om te help. Ander slagoffers het op die R71-pad naby Tzaneen Spur-restaurant geryloop na Phalaborwa of Giyani. Hy sou hulle dan glo na afgesonderde areas neem, verkrag en beroof. Een van die slagoffers is tydens die beweerde misdaad met ‘n panga gekap.
Die vermeende reeksverkragter is deur forensiese bewyse aan die sake vasgemaak en die vermoede bestaan dat hy aan selfs meer sake gekoppel kan word.
Hy het Vrydag 30 Desember in die Tzaneen-landdroshof verskyn op klagtes van verkragting en roof. Hy sal op Dinsdag 3 Januarie 2023 in die Bolobedu-landdroshof verskyn waarop hy weer op 6 Januarie in die Tzaneen-landdroshof sal voorkom vir ‘n formele borgaansoek.
Ondersoeke duur voort en die polisie versoek nog moontlike slagoffers om met hulle in kontak te kom.
Lt.genl. Thembi Hadebe het die GKS-eenheid in Tzaneen geprys vir hul ondersoekwerk wat tot die beweerde verdagte se arrestasie gelei het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



